Indien Omar al-Bashir daarin kon slaag om sonder die wete van die regering uit die land te vlug, veral van ʼn militêre sleutelpunt, dui dit op totale onbevoegdheid. Indien nie, beteken dit die regering het willens ʼn hofbevel verontagsaam.

Welke geval ook al, dié gebeure het die ANC-regering soos nooit tevore nie op die reuse verhoog van die internasionale gemeenskap onbloot as ʼn blatante skender van menseregte. Hier volg dr. Pieter Mulder se volledige toespraak vandag in die parlement oor die aangeleentheid:

Wat is goeie leierskap?

’n Leier moet die toekoms antisipeer en vroegtydig stappe doen in belang van sy organisasie om verleentheid of skade vir sy organisasie te voorkom. Hy moet dus oor die bult moeilikheid betyds kan sien aankom. Pres. Zuma en die ANC-regering het dit nie gedoen nie en Suid-Afrika onberekenbare skade aangedoen.

Wat is feite: The ANC government signed in 1998, ratified and internalized by way of legislation the Rome ICC Convention, and is thus bound to honour it.

Tweede feit: ’n Lasbrief vir Al-Bashir se inhegtenisneming is uitgereik en is wêreldwyd geldig, veral ook in SA as ’n land wat die Rome-statuut onderteken het.

Derde feit: Al-Bashir kom in SA aan.

Natuurlik is daar argumente dat die Internasionale Strafhof slegs Afrika teiken. Die huidige nege konfliksituasies wat die hof ondersoek is almal van Afrika.

Leierskap beteken om die toekoms te antisipeer. As die regering dan nie met die strafhof saamstem nie, moes hulle vroegtydig onttrek het. Daar is ’n prosedure om dit te doen.

As hulle dit nie wou doen nie, dan moes hulle aan Bashir ’n boodskap gestuur het dat dit ’n probleem gaan wees en hy nie moet kom nie.

Die regering doen nie een van die twee nie.

Wat doen hulle? Hulle beroep hulle op immuniteit vir alle staatshoofde.

Wie was die regsadviseurs wat die president hieroor geadviseer het?

Artikel 27 van die Rome-statuut bepaal dat jou status as staatshoof jou nie immuniteit teen die hof se jurisdiksie gee nie. Die hof het ook so bevind.

Lyk my die ANC het dit nie geweet nie? Of dalk gerieflik vergeet?

4 Junie 2002 argumenteer ons die implementering van die statuut van Rome in hierdie parlement.

Adv. Johny de Lange sê namens die ANC in die debat: “Another very important principle spelled out in this legislation is that heads of state, heads of government and members of parliament will not be able to raise a defence that they are heads of state”.

Hon. Landers said: “… for perpetrators of genocide, crimes against humanity and war crimes the world has suddenly become a small place, and the number of safe havens has been drastically reduced.” So ANC het dit geweet.

Nou beweer sommige regeringsleiers dat Al-Bashir na die hofuitspraak teen hom skelm ontglip het.

So Al-Bashir het in die nag skelm by die Limpoporivier oor die grens uit SA gesluip en die regering kon dit nie keer nie?

Nee, hy vertrek vanaf Waterkloof, ’n militêre sleutelpunt.

As hy van ’n militêre sleutelpunt vertrek sonder dat die regering dit weet, is dit totale onbevoegdheid van regeringskant.

Aan die ander kant: As hulle wel geweet het, getuig dit van ’n spesifieke besluit van die regering om ’n hofbevel te verontagsaam.

Albei moontlikhede laat SA in ’n gevaarlike grondwetlike plek.

Forget about Fifa. The Al-Bashir debacle makes the Fifa version look like a Sunday school picnic. No other executive act has ever exposed the ANC as human rights violator on such a grand scale to the whole world.

Die feit is dat die ANC-regering ’n reuse fout gemaak het, nie die probleem geantisipeer het nie, swak regsadvies gehad het en SA se internasionale aansien kort na die Fifa-skandaal nog verder beskadig het. Die prys hiervoor gaan die regering en SA nog lank betaal.