Die R7,8 miljoen wat president Jacob Zuma vir Nkandla moet opdok, is minder as 5% van die totale bedrag wat aan Nkandla bestee is en is niks anders nie as ʼn simboliese raps oor die vingers om die publiek tevrede te stel, sê dr. Corné Mulder, hoofsweep van die VF Plus.

Dr. Mulder sê dit is veral opvallend dat die bedrag veel minder is as die sowat R10 miljoen wat pres. Zuma self klaarblyklik bereid was om as skikking te betaal.

“Die R7,8 miljoen is minder as 5% van die koste van die totale Nkandla-projek. Dit is onaanvaarbaar.

“Die VF Plus se mening is steeds dat ʼn bourekenaar ʼn deeglike ontleding van die projek moet doen aangesien die waarde van die bestaande veiligheidsopgraderingswerk gewis nie naastenby R200 miljoen kon beloop nie en dit is duidelik dat miljoene rande deur korrupsie verdwyn het.

“ʼn Kundige moet daarom ondersoek doen om realisties te bepaal wat die werk veronderstel was om te kos,” sê dr. Mulder.