Die Appèlhof se bevinding rakende Hlaudi Motsoeneng, bedryfshoof van die SAUK, het vandag ʼn breë rooi streep getrek deur president Jacob Zuma en die ANC se hantering van die Nkandla-skandaal tot dusver sê dr. Corné Mulder, hoofsweep van die VF Plus.

Dr. Mulder sê die VF Plus verwelkom die uitspraak. Hy sê dit bevestig die oppergesag van die Grondwet sowel as die belangrikheid van alle Hoofstuk 9-instellings.

“Die bevinding van die Appèlhof dat die Openbare Beskermer (OB) se bevindinge nie geïgnoreer kan word nie en daar nie parallelle prosesse gebruik kan word om haar bevindinge te vervang nie, het ingrypende implikasies vir pres. Zuma wat die Nkandla-skandaal aanbetref,” sê dr. Mulder.