Die VF Plus loods vandag sy post Covid-19-projek waar sakelui en ondernemers
inspraak kan kry in die skep van ‘n nuwe handelsklimaat vir die toekoms deur
hul insette te lewer.

Sake-eienaars sal indringend moet besin oor die tydperk post Covid-19 wat
onafwendbaar die geleentheid skep vir die begin van ‘n nuwe sake- en
handelstoekoms in Suid Afrika.

Dit is nou tyd dat ‘n volhoubare regeringsondersteunde handels- en
sakeklimaat geskep word wat toeganklik is vir almal, waar plaaslike
kundigheid aangewend en nuwe vaardighede ontwikkel word.

Plaaslike- en gemeenskapsekonomieë moet ondersteun en ontwikkel word teenoor
die sentralistiese en sosialistiese handels- en sake-omgewing wat tot nou
toe vaardig was.

Dit is tyd dat ‘n sakeklimaat geskep word sonder belemmering van
rassediskriminasie, swak regering, korrupsie en staatskaping. Die regering
sal dringende beleidsaanpassings moet maak om die ekonomie te stimuleer.

Sake-eienaars kan hul insette stuur aan <mailto:postc19@vfplus.org.za>
postc19@vfplus.org.za. Meer inligting hieroor kan gevind word by
<http://www.vfplus.org.za> www.vfplus.org.za.

Die VF Plus gaan hierdie insette oorhandig aan die minister van handel,
nywerheid en mededinging, mnr. Ebrahim Patel, as bydrae tot ‘n nuwe en beter
sakeklimaat in Suid Afrika.

Mediaverklaring uitgereik deur:

Jaco Mulder

VF Plus-LP en hoofwoordvoerder: Handel en nywerheid

8 April 2020