Probleme met toegang by grensposte en poreuse grense in Mpumalanga kan die
effektiwiteit van die nasionale korona-inperking in die wiele ry indien
omstandighede en veiligheid by die grense en grensposte nie verbeter nie.

Die poreuse grense tussen Mpumalanga, Mosambiek en Swaziland, skep nie net
‘n bedreiging vir nasionale veiligheid wat misdaad aanbetref nie, maar skep
ook ‘n risiko dat Covid-19-besmetting opnuut kan uitbreek na die
inperkingsperiode en na die res van die land kan versprei.

Volgens die VF Plus se inligting het groot getalle buitelandse burgers
Suid-Afrika onwettig verlaat met die aanvang van die inperkingstydperk en
die vrees bestaan dat hulle weer sal terugstroom na die verstryking daarvan.

 

Die VF Plus sal skakel met die minister van binnelandse sake, Aaron
Motsoaledi, om daarop aan te dring dat hy die nodige stappe in plek sit voor
die verstryking van die 21 dae-inperkingstyd om die onwettige instroming
vanaf buurlande oor die grens te stuit.

Die VF Plus sal die situasie deeglik monitor om seker te maak toegang by die
grense word streng beheer.

Mediaverklaring uitgereik deur:

Jaco Mulder

VF Plus-LP en hoofwoordvoerder: Binnelandse sake

8 April 2020