President Jacob Zuma het ten einde laaste die korrekte besluit geneem om Riah Phiyega as polisiekommissaris te skors te midde van ʼn hangende ondersoek wat na haar gedoen word, en die VF Plus verwelkom die besluit,” sê Pieter Groenewald, die VF Plus se hoofwoordvoerder oor polisie.

Dr. Groenewald sê pres. Zuma self is ook aandadig aan die fiasko rondom Phiyega aangesien hy haar om politieke redes aangestel het eerder as om ʼn bevoegde kommissaris van polisie op meriete aan te stel.

“In afwagting van die bevinding van die kommissie van ondersoek wat die VF Plus voorsien haar as onbevoeg gaan verklaar om as kommissaris aan te bly, te dring die VF Plus daarop aan dat pres. Zuma nou ‘n bevoegde en ervare persoon aanstel wat uit die geledere van die polisiediens self kom,” sê dr. Groenewald.