“Dit is ‘n hartseer dag vir die Stad van Tshwane en Pretoria om deur ‘n man soos Burgemeester Kgosientso Ramokgopa bestuur te word.
“Meer as ‘n dosyn polisie motors en Caspers het op Dinsdag 12 April 2016 buite ‘n skool in Valhalla saam gedrom. Jammer ek is nie heeltemal seker
van presies hoeveel daar was nie, aangesien ek deur die flitsende rooi en blou ligte verblind was.

“Dit was duidelik dat die een of ander hooggeplaaste ‘n besoek aan hierdie rustige en vreedsame gemeenskap sou maak. Was dit president Zuma? Was dit dalk een van die Guptas? Nee! Dit sou nie moontlik wees nie. Hulle het Suid-Afrika die vorige dag met sakke vol, van wat maar net beskryf kan word as onregmatig-aanwins, opgehoop as gevolg van hul spesiale verhouding met Zuma.

“Wat ‘n teleurstelling toe die een wat die saal binnestap, omring deur plus minus ‘n dosyn lyfwagte, niemand anders was nie as Kgosientso Ramokgopa die burgemeester van Tshwane. Waarom sou hy ‘n vergardering van Moslems van wie byna niemand in Valhalla woon nie kom toespreek? Die antwoord is voor die hand liggend. Hy het ‘n park wat in die middel van die woongebied is aan ‘n moslem-groep kom oorhandig, om ‘n moskee op te rig. Dit is interessant om daarop te let dat die inwoners an Valhalla toegang tot die skoolsaal verbiet was alhoewel die vergadering deur die kantoor van die Speaker gereël is en gebottelde water deur hulle verskaf was. Diegene, van toegang tot die saal beheer het, het beweer dat dit hul vergadering was en het dit geopen deur uit die Koran te lees Islamitiese gebede te sing. A paar inwoners het egter op hul reg aangedring om die saal binne te gaan en was teësinnig toegelaat.

“Ramokgopa het die die vergadering op ‘n hoë noot geopen deur die moslem-gemeenskap te prys vir die bydrae wat hulle aan die ANC en die vryheids-stryd gemaak het. Geld kan blykbaar voordele koop. Hy het meer en meer geanimeerde geword teneinde die skare meer en meer luidrugtig geraak het. Sy vrymoedigheid het geen perke geken terwyl hy, wat hy as Afrikaner-Christelike enklaves beskryf het, begin dreig het met integrasie deur ander gelowe of hulle daarvan hou of nie. Hy het die moslem-gemeenskap beskryf as vredeliewende en verdraagsaam. Hy het na ‘n paar nwoners verwys wat gevra het, “Wat van die Christelike geloof?” as rassisties en onopgevoed en gesê dat die behoefte bestaan vir die moslems om vir hulle te bid.

“Met ‘n houding wat ‘n mens terug laat dink het aan kommunistiese tiranne soos Stalin en Mao Zedong, en onder dieselfde grootheidswaan, het hierdie burgemeester aan diegene in Valhalla wat nie die bou van ‘n moskee in die gebied goedkeur nie gesê, dat hulle die area kan verlaat en iewers anders gaan woon. Hierdie verklaring is met entoesiasme en dawerende applous deur sy waarderende moslem gehoor ontvang. Dit is presies wat met Hindoe inwoners van Laudium en Christelike inwoners van Erasmia gebeur het toe hulle uit hul huise gedwing was as gevolg van so ‘n Islamitiese inval, met baie van hulle wat na Valhalla verhuis het. Nou word hierdie selfde mense deur die burgemeester aangesê om weer te trek om ‘lebensraum’ vir die moslems te skep. Hy het verder, in weerwil van die grondwetlikeregte en gevoelens van gemeenskappe verklaar, dat hy gaan toesien dat daar ‘n moskee in elke moontlike woongebied regoor die Stad van Tshwane opgerig gaan word.”

Ds Theunis Botha, Leier van die Christen-Demokratiese Party