• Post category:All / Government

ʼn Afvaardiging van die VF Plus gaan hierdie maand die internasionale gemeenskap inlig oor ʼn verskeidenheid probleme wat minderheidsgemeenskappe in Suid-Afrika raak.

Dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier en mnr. André Fourie, voorsitter van die VF Plus se buitelandse sake-komitee en raadslid vir Stad Kaapstad, sal op 24 en 25 November in Genève, Switserland, ʼn voorlegging doen aan die Verenigde Nasies (VN) se Menseregtekommissie-Forum oor Minderheidsregte.

Die Menseregteforum se tema vanjaar is: ‘Preventing and addressing violence and atrocities targeted against minorities’.

Dr. Pieter Mulder gaan daarna op 27 en 28 November in Genève die dagbestuur (Presidensie-bestuur) van die Unrepresented Nations and Peoples Organization (UNPO) bywoon en hulle op hoogte bring met verwikkelinge in Suid-Afrika.

Hy gaan ook die presidensie van UNPO ontmoet ter voorbereiding van UNPO se algemene raad in Mei 2015 in Brussel ten einde wisselwerking te verseker met die Europese Unie-parlement.

Daar sal vier voorleggings aan die Menseregtekommissie gedoen word. Dit inhoud sal tydens die mediakonferensie bespreek word.