“The CDP rejects Pres. Jacob Zuma’s public statement that race based measures designed to disadvantage some people on the basis of their skin colour, and advantage others on the same basis, is not racism. Not only is it a denial of the real facts, but of the fundamental basis on which true democracy is built.” says Christian Democratic Party leader, Rev. Theunis Botha.

“According to certain sources, the ANC has introduced 67 race based acts and other legal measures since 1994, whilst some claim that there have been over a hundred. What more closely resembles apartheid’s forced removals than demanding the implementation of national quotas on a provincial level?

“To say, after more than 20 years, that all of these race based laws and attitudes are not racism and that they are in fact, supposed to rectify racism, is absurd. Affirmative action, except in the case of Malaysia where the advantaged minorities were never disadvantaged but their skills and capital rather used to empower the majority, has always been
implemented to benefit and protect minorities.

“What the ANC is creating is not an equal society, but a heavily polarised society where everyone will eventually be economically suffocated.”

Afrikaans Version

Rassisme is rassisme ongeag wat Zuma dit noem – CDP

“Die CDP verwerp pres. Jacob Zuma se openbare stelling, dat die rassistiese maatreëls wat ontwerp is om sommige mense op grond van hul velkleur te benadeel, en ander op grond daarvan te bevoordeel, nie
rassisme is nie. Dit is nie net ‘n ontkenning van die waarheid nie maar ook van die fundamentele waardes waarop demokrasie gebaseer is.”
sê ds. Theunis Botha, leier van die Christen-Demokratiese Party (CDP).

“Volgens sommige bronne het die ANC, sedert dit aan bewind gekom het, reeds 67 wette en wetlike maatreëls aangeneem wat ‘n rassegrondslag het.

Ander bronne meen dit is meer as honderd sulke wette en maatreëls. Wat kom nader aan apartheid se gedwonge verskuiwings, as die ANC se aandrang dat nasionale kwotas op provinsiale vlak moet geld?

“Om na meer as 20 jaar te sê al hierdie rasgebaseerde wette en maatreëls is nie rassisme nie omdat dit ten doel sou hê om rassisme reg te dokter, is absurd.

“Regstellende optrede, behalwe in die geval van Maleisië, was ontwerp om benadeelde minderhede te bevoordeel. In die geval van Maleisië is sorg gedra dat die bevoordeelde minderheid nie benadeel word nie, maar dat hul kundigheid en kapitaal gebruik is om die meerderheid te bemagtig.

“Dit waarmee die ANC besig is, is nie die skep van ‘n gelyke gemeenskap nie, maar ‘n hoogs gepolariseerde samelewing waar almal geleidelik ekonomies gewurg word.”