Verskeie klagtes het die VF Plus die afgelope tyd bereik oor moontlike administratiewe probleme by die selfoon-diensverskaffer MTN rakende rekeninge en die VF Plus het daarom besluit om ʼn diens daar te stel om mense met probleme te help, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor kommunikasie.

Adv. Alberts sê die klagte herinner baie aan dié wat met die e-tolstelsel se fakturering ondervind word. Dit sluit in buitensporige rekeninge en selfs rekeninge van duisende rande wat vir ongebruikte dienste uitgereik word.

Mense wat die saak reeds opgeneem het met die diensverskaffer (MTN) en nie gehelp kon word nie, word genooi om te skryf aan mnr. Neels Hattingh by help@vfplus.org.za.

Volgens adv. Alberts kan daar sodoende ʼn dispuut verklaar word oor die saak en die VF Plus sal intussen die saak by die verbruikerskommissie aanmeld.

“Indien ʼn dispuut verklaar is en ʼn verbruiker het sy saak daarby gevoeg, beteken dit die diensverskaffer kan nie teen so ʼn persoon optree totdat die dispuut afgehandel is nie.