Die VF Plus veroordeel ten sterkste die jongste plaasaanval wat Sondag, 6 Julie 2014, op Reitz plaasgevind het waarin mnr. André van Greunen deur drie verdagtes in sy huis aangeval is.  Jan van Niekerk, provinsiale leier van die Vryheidsfront Plus in die Vrystaat sê die toename in plaasaanvalle die afgelope maande in die Vrystaat is ’n  ernstige bron van kommer.

Die VF Plus verwelkom die Menseregte Kommissie se ondersoek na plaasaanvalle en dring daarop aan dat dit spoedig afgehandel moet word en dat die bevindings die nodige aandag sal geniet.

Indien die regering ernstig is oor landelike beveiliging, landbou en voedselsekerheid, moet die LUR vir Polisie, Paaie en Vervoer in die Vrystaat, mnr. Khompela, ook hierdie aanvalle veroordeel.

Die VF Plus wens mnr. van Greunen ’n spoedige herstel toe.