Die plaasaanval en moord die afgelope naweek in Petrus Steyn dien as bewys dat die Vrystaatse LUR vir polisie, paaie en vervoer verkeerd is wanneer hy sê dat landelike beveiliging werk en daar geen krisis bestaan nie.

Die LUR het verlede week tydens die begrotingsposdebat oor polisie, paaie en vervoer gesê dat die VF Plus verkeerd is dat daar ‘n krisis bestaan en gesê dat sy departement se landelike beveiligingsplan werk.

Die soveelste plaasaanval in die Vrystaat bewys dat hierdie misdaad as ‘n prioriteit geklassifiseer moet word.  Dit is tans meer gevaarlik om ‘n boer of ‘n plaaswerker te wees, as wat dit is om ‘n polisiebeampte te wees.

Die VF Plus veroordeel die LUR se onkunde en eis daadwerklike optrede.  Die hoë aantal gewelddadige plaasaanvalle bedreig voedselsekerheid en landelike ontwikkeling.