Die Menseregtekommissie (MRK) het die VF Plus nou gevra om inligting te verskaf wat sal help in hul ondersoek van ʼn klag van haatspraak teen president Jacob Zuma na sy uitlatinge oor Jan van Riebeeck in Januarie verlede jaar.

Pres. Zuma het onder meer gesê die land se probleme het begin met die aankoms van Jan van Riebeeck en dat talle stryde, oorloë, sterftes, die gryp van grond en die ontneming van inheemse mense se politieke en ekonomiese mag, daarop gevolg het.

Die MRK verlede week in ʼn skrywe gesê die VF Plus is die tweede klaer in die haatspraak-ondersoek. Die eerste klaer is tot 29 April (verlede week) tyd gegun om nader inligting rondom die klag aan die MRK te verskaf op aanvraag van pres. Zuma.

Die VF Plus het toe aangebied om vorentoe te beweeg indien die eerste klaer nie na vore sou kom nie. Die aanbod is aanvaar en die VF Plus sal die MRK nou help met die ondersoek deur die nodige inligting te verskaf, sê adv. Alberts.