• Post category:All / Events

Die media word hiermee uitgenooi na ʼn mediakonferensie waar drie klagtes in dié verband bespreek gaan word. Die klagtes behels:

  1. Beweerde ongerymdhede rondom die skut van voertuie en die vrystelling daarvan wat tot ʼn groot verlies vir die Tshwane-metro gelei het. ʼn Forensiese verslag het reeds in September 2012 aanbevelinge hieroor gemaak;
  2. Die kwalifikasies van Racheku word bevraagteken; en
  3. Die beweerde misbruik van mag met die aanstelling van aanklaers vir dissiplinêre verhore.

 

Datum  :           Woensdag, 27 Januarie 2015.

Tyd      :           13:00

Plek     :           VF Plus-hoofkantoor,

Blok 8,

Highveld Office Park,

Charles de Gaulle-singel 11,

Centurion