Die VF Plus neem met skok en afgryse kennis van die aanranding van ‘n onderwyseres deur ‘n leerder van die Drie Riviere Hoërskool in Emfuleni (Vereeniging). Die party eis gevolglik die onmiddellike skorsing van die leerder.

Hierdie insident dien as konkrete bewys dat die onverantwoordelike uitsprake van politici en die aanhitsing van rassehaat, geweld en verdeeldheid, uiters gevaarlike is en diep verdeeldheid onder leerders teweeg bring.

In Suid Afrika, waar politieke leiers Afrikaners gereeld die skuld gee vir al hul mislukkings en tekortkominge, is een van die gevolge die verval van die onderwysstelsel waar feitlik geen of min dissipline gehandhaaf word.

Die feit dat onderwysers se regte toenemend ingeperk en weggeneem word, plaas nie net onderwysers se lewens in gevaar nie, maar gee ook leerders ‘n vrye hand om ongedissiplineerd en oproerig in skole op te tree.

Kobus Hoffman

VF Plus-onderleier in Gauteng en raadslid in Sedibeng-munisipaliteit