Die VF Plus gaan vandag ‘n klag teen die ANC in Gauteng by die SAPD in Garsfontein indien oor die onluste en geweld wat sedert die afgelope Sondag in Pretoria woed omrede ANC takke ontevrede is oor mnr Ramokgopa wat nie weer aangewys is as die burgemeesterskandidaat vir Pretoria nie.

Die klagte sluit in:

  1. Aanhitsing tot geweld deur die ANC se lede
  2. Beskadiging van infrastrukture
  3. Beskadiging van besighede en private eiendom

Die VF Plus se LPW in Gauteng, mnr Philip van Staden en die party se burgemeesterskandidaat in Pretoria, Adv Anton Alberts, gaan die klagtes aanhangig maak.

“Die ANC se lede en verkose politici moet leer dat hul nie ander mense se veiligheid sommer net in gedrang kan bring en eiendomme beskadig net omdat hul ontevrede is oor die samestelling van n PR lys vir die komende verkiesing nie”.

Die VF Plus gaan ook klagtes lê teen die Premier van Gauteng, David Makhura, die ANC leier in Gauteng, Paul Mashitele en teen Ramokgopa vir hul huiwering om teen wetteloosheid en geweld op te tree.