Die media word hiermee uitgenooi na ʼn mediakonferensie waar drie klagtes in dié verband bespreek gaan word. Die klagtes behels:
- Beweerde ongerymdhede rondom die skut van voertuie en die vrystelling daarvan wat tot ʼn groot verlies vir die Tshwane-metro gelei het. ʼn Forensiese verslag het reeds in September 2012 aanbevelinge hieroor gemaak;
- Die kwalifikasies van Racheku word bevraagteken; en
- Die beweerde misbruik van mag met die aanstelling van aanklaers vir dissiplinêre verhore.
Datum : Woensdag, 27 Januarie 2015.
Tyd : 13:00
Plek : VF Plus-hoofkantoor,
Blok 8,
Highveld Office Park,
Charles de Gaulle-singel 11,
Centurion