Die minister van finansies, mnr. Pravin Gordhan, het bekend gemaak dat die SAL die afgelope aantal jare R22,766 miljoen betaal het aan skeidingspakkette en bedankings van Hoof Uitvoerende- en Hoof Finansiële Beamptes (HUB & HFB). Hy het geantwoord op ʼn skriftelike vraag van dr. Pieter Groenewald (LP) van die Vryheidsfront Plus. Sedert 2009 het die SAA reeds agt HUB en sedert 2006 ses HFB gehad, .

“lndien gekyk word hoeveel HUB’s (CEO) en Hoof Finansiële Beamptes (HFB) die SAL sedert 2009 gehad het, is dit geen wonder dat SAL nie die mas kan opkom nie en die belastingbetaler duur te staan kom. Dit is duidelik dat die topbestuur van die SAL oor die tydperk nie opgewasse was en is om die uitdagende vereistes van die lugvaartbedryf te hanteer nie. Dat die bedrag van R22,766 miljoen net aan skeidingspakkette alleen betaal is oor die tydperk en die huidige HFB ‘n tussentydse aanstelling is teen R322 620-00 per maand, is niks anders as minagting van die belastingbetalers nie. Die minister van finansies verwag dat belastingbetalers die gordel stywer moet intrek, maar by SAL word belastinggeld vermors en daarom vereis die VF Plus daadwerklike optrede om dadelik bevoegde persone permanent aan te stel,” sê dr. Pieter Groenewald, die VF Plus se hoofwoordvoerder oor openbare ondernemings.

“Om sedert Desember 2015 en steeds R322 620-00 per maand te betaal aan die maatskappy Sizwe Ntsalaba Gobodo om ʼn tussentydse HFB beskikbaar te stel, is onaanvaarbaar en die VF Plus wil van die minister weet hoekom is daar nog nie ʼn permanente aanstelling gemaak nie. Teen einde Julie kos die pos van HFB die belastingbetaler reeds R2,581 miljoen vir agt maande. Dit kom neer op ʼn jaarlikse salaris van R3,87 miljoen per jaar,” het Groenewald gesê.

-NATIONAL ASSEMBLY

QUESTION FOR WRITTEN REPLY

QUESTION NUMBER: 1573 [NW1743E]

DATE OF PUBLICATION:  27 MAY 2016

 

  1. Dr P J Groenewald (FF Plus) to ask the Minister of Finance:†

(a) How many (i) Chief Executive Officers and (ii) Chief Financial Officers has the SA Airways (SAA) had since 1 January 2005, (b) who are the persons in each case, (c) what is the date on which each specified person (i) assumed duty and (ii) left duty, (d) what is/are the reason/reasons that each specified person left the service of the SAA, (e) (i) which persons did not complete their periods of service and (ii) what was/were the reason/reasons in this regard, (f) what was the remuneration package of each specified person, (g) what remuneration did each specified person receive upon leaving each specified post and (h) what was the reason that each specified person received the specified remuneration?                                                                                                                                                                                         NW1743E

 

REPLY:

The following information was submitted by South African Airways;

SAL Reply