VF Plus dien strafregtelike klag teen EFF in na beskadiging van Paul Kruger-standbeeld
Die VF Plus het vanoggend ʼn strafregtelike klag by die Brooklyn-polisiekantoor in Pretoria ingedien teen die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) se leier Julius Malema, die EFF se woordvoerder Mbuyiseni Ndlozi en sy ondervoorsitter in Tshwane, Moafrika Mabongwana. Adv Anton Alberts, VF Plus-parlementslid en provinsiale leier in…