Matriekeksamen hopelik vry van beurtkrag
Die minister van basiese onderwys, me. Angie Motshekga, het Eskom versoek om nie gedurende die matrieks se rekord- en eindeksamen beurtkrag toe te pas nie. Dit geld veral die vakke Rekenaar Toepassingstegnologie (RTT) en Inligtingstegnologie (IT) se praktiese eksamens. Sy het in die parlement geantwoord…