• Post category:All

“Die werklike oorsaak van die aardbewing wat die KOSH–area (Klerksdorp-Orkney-Stilfontein-Harbeesfontein) en ander dele van die land geskud het moet behoorlik vasgestel word. In 2005 het ʼn soortgelyke aardbewing veral Stilfontein getref en groot skade aangerig waarin selfs ʼn woonstelblok vernietig is. Die vraag is of dit ʼn natuurlike oorsaak was en of dit as gevolg van mynbedrywighede is.

Mense van die KOSH-area het strukturele skade aan geboue en huishoudelike artikels soos skilderye ens. opgedoen en versekeringsmaatskappye is soms onwillig om eise uit te betaal, aangesien hulle soms beweer die aardbewing is weens mynaktiwiteite waardeur skade uitgesluit word. Dit is juis om hierdie rede dat die werklike oorsaak spoedig bepaal moet word sodat inwoners nie verder verontrief word deur die sloer van uitbetalings van versekeringsmaatskappye nie.

Ek sal hierdie saak dadelik opneem met die betrokke minister om ʼn spoedige uitslag te verseker,” sê dr Pieter Groenewald (LP) leier van die Vryheidsfront Plus en inwoner van Stilfontein.