“The ANC’s policies of cadre deployment and affirmative action both of which are key components of their ideology and practices are not only hampering economic growth and preventing the essential maintenance of infrastructure necessary for proper service delivery, but is now beginning to cost lives.” Says, Rev Theunis Botha, Leader of the Christian Democratic Party, (CDP).

“These policies are directly responsible for the deterioration of municipalities nationwide, who in their rush for racial transformation and jobs for the politically connected have appointed many managers with no professional skills. Add to this nepotism, corruption, and a lack of accountability and you have a sure formula for disaster.

“The latest disclosures that a number of babies have died as a result of drinking water apparently being contaminated by raw sewage spilling into the water supply, has highlighted the seriousness of the situation. The minister of Water Affairs in a recent television interview admitted as much when she blamed incompetence for the deteriorating situation in our country.

“The CDP again calls on the ANC government to abolish these policies of cadre deployment and affirmative action before they prove to be the cause of the greatest disaster this country has ever experienced.”

Afrikaans Version

Nalatenskap van kaderontlooiing katastrofies en dodelik – CDP

“Die ANC se beleid van kaderontplooiing en rasbegunstigde aksie, wat beide sleutelelemente van sy beleid is, belemmer nie net ekonomiese groei en verhinder nie net die noodsaaklike instandhouding van infrastruktuur nie wat vir basiese dienslewering nodig is nie, maar dit begin nou ook lewens eis,” sê ds. Theunis Botha, leier van die Christen-Demokratiese Party (CDP).

Hierdie beleidsrigtings is regstreeks verantwoordelik vir die landswye agteruitgang van munisipaliteite, wat in hul haas vir rassetransformasie en poste vir mense met politieke verbintenisse bestuurders aangestel het wat geen professionele vaardighede het nie. Voeg hierby nepotisme, korrupsie en ‘n gebrek aan verantwoordbaarheid en ‘n mens het ‘n besliste resep vir ‘n ramp.

“Die jongste onthullings oor ‘n aantal babas wat water gedrink het wat skynbaar deur rou riool besmet was, het die erns van die probleem duidelik op die voorgrond geplaas. Die minister van waterwese het in ‘n onlangse TV-onderhoud dit in wese erken toe sy onbevoegdheid vir die land se probleme blameer het.

“Die CDP doen opnuut ‘n beroep op die regering om kaderontplooiing en rasbegunstigde aanstellings te staak voordat hierdie beleid hom as die grootste ramp openbaar wat die land nog beleef het.”