Konsert 27 Feb

Die Endler Konsertreeks stel op 27 Februarie die internasionaal beroemde Israeli pianis en ‘n Van Cliburn-wenner Aviram Reichert bekend. Hy lewer ‘n program van musiek van Schubert en Franck.12243099_10102917396755535_7344970996801072191_n

Gedurende die eerste helfte speel hy ‘n seleksie van vier impromptus van Schubert (op. 90), met die tweede helfte gewy aan Schubert se klaviersonate in a-mineur, en Franck se Prelude, koraal en fuga.

Die New York Times huldig Reichert in terme van sy “…perfekte beheersing … byna geniaal; geeneen van die fyner aspekte ontgaan hom nie…” en “ ‘n deurdagte en en buitengewoon musikale kunstenaar…”

Kaartjies teen R140 (gewoon) en R100 (studente en pensioenarisse) is nou beskikbaar by Computicket en ook by die deur. Vir verdere inligting skakel Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.

Konsert 28 Feb

Die Endler Konsertreeks verwelkom terug die Barokspesialis en voordraer Dr. Pauline Nobes, wat ook die US Barokensemble op Sondag, 28 Februarie om 16h30 in die Fismersaal.

Pauline NobesDr. Nobes is ‘n tutor in Barok en klassieke vioolspel by die Northern College of Music in Manchester, Engeland. Sy dikwels met Londen se leidende historiese instrumentale ensembles konsertreise onderneem, waar onder The English Baroque Soloists, The English Concert en die Orchestre revolutionnaire et romantique. Sy was ook lank leier van die Academy of Ancient Music.
Sedert haar verhuising na Duitsland het Nobes solis saam met Musica Antiqua (Köln) opgetree, en het etlike konsertreise onderneem sowel as opnames gemaak met die Neues Orchester en die Kölner Akademie. Nobes is ook professor vir Barokviool aan die Hochschule für Musik in Würzburg.

Kaartjies teen R140 (gewoon) en R100 (studente en pensioenarisse) is nou beskikbaar by Computicket en ook by die deur. Vir verdere inligting skakel Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.