Carte Blanche: AfriForum se standpunt oor die rol van ras in plaasmoorde AfriForum se standpunt oor die rol van ras in plaasmoorde, is soos volg: AfriForum glo dat die feit dat baie plaasaanvalle met marteling en buitengewone wreedheid gepaard gaan, daarop dui dat dié aanvalle deur rassehaat aangehits word. Die organisasie meen egter dat daar nie veralgemeen kan word, deur byvoorbeeld aan te voer dat ras nooit ‘n rol speel nie. Die feit dat swart boere ook al slagoffers van plaasaanvalle was, beteken nie dat ras nooit ‘n rol speel nie. Om dieselfde rede kan daar ook nie aangevoer word dat alle plaasaanvalle deur ras gemotiveer word nie. Hierdie boodskap is aan Carte Blanche oorgedra. Dit is jammer dat AfriForum se standpunt nie in sy geheel uitgesaai is nie en dat die organisasie selektief aangehaal is oor slegs die deel waarin genoem word dat swart boere ook al aangeval is. AfriForum het nie die insetsel
vervaardig nie en het dus geen beheer het oor die inhoud wat uitgesaai is nie. Die Carte Blanche-span het volledige onderhoude met Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum en Lorraine Claasen, navorser en kriminoloog, oor die kwessie van plaasmoorde gevoer. Die Carte Blanche-span is ook geneem om die aksies wat AfriForum teen die bekamping van plaasmoorde en misdaad neem, te verfilm. In die insetsel van slegs agt minute lank was, is ook die aksies nie uitgesaai nie en is slegs kort dele van die onderhoude uitgesaai.